Ons Missie
Ons visie is om ’n liefde vir sport in elke leerder aan te wakker, met ’n sterk fokus op die ontwikkeling van die karaktereienskappe van ’n goeie sportman of -vrou, in lyn met die waardes van ons skool.
Ons Waardes
By Laerskool Kathu is ons missie om elke leerder by soveel moontlike buitemuurse aktiwiteite betrokke te kry en hulle van hoë kwaliteit, sportspesifieke afrigting te voorsien. Hiermee verseker ons dat hulle as gebalanseerde individue na die volgende skool oorgedra word, toegerus met die nodige vaardighede om in enige sport van hul keuse te kan uitblink.

Waardes ten opsigte van sport
Ons verwag dat hierdie waardes deur onderwysers, vrywilligers, ouers en leerders van Laerskool Kathu konsekwent nagevolg en uitgeleef word:
● Eerlikheid
● Respek
● Omgee
● Selfdissipline
● Aanspreeklikheid



