MAANDAE, WOENSDAE EN VRYDAE:
Somersdrag word gedra vanaf die eerste Maandag in September.
Dogters:
- Blou skoolrok.
- Swart skoene (toeryg of gespe met plat sole en hakke).
- Wit kouse (tot net bo die enkels).
- Rok moet 10 cm bo die knie wees wanneer op knieë staan.
- Geen serpe/baadjies/truie/jasse/mussies/kepse of handskoene wat nie deur die skool goedgekeur is nie, mag gedurende skoolure of pouses gedra word nie.
- Geen onderklere mag onder die rok se soom uitsteek nie.
- Geen “skipant” of “second skin” mag onder die rok uitsteek nie.
Seuns:
- Grys kortbroek
- Blou knopieshemp
- Swart toerygskoene
- Grys kouse wat hoog omslaan
- Swart gordel
- ’n Das kan saam met die somersdrag gedra word.
- Geen “skipant” of “second skin” mag onder die broek uitsteek nie.
- Geen serpe/baadjies/truie/jasse/mussies/kepse of handskoene wat nie deur die skool goedgekeur is nie, mag gedurende skoolure of pouses gedra word nie.
- Geen onderklere mag onder by die broekspyp uitsteek nie.
KOEL SOMERSDAE:
Op ’n “koel” dag, mag ’n skooltrui, skoolkleurbaadjie (blazer) oor die formele kleredrag gedra word. Die moue mag nie opgestoot word nie.
Sweetpakbaadjies word slegs saam met sportdrag gedra.
SOMERSPORTDRAG – DINSDAE EN DONDERDAE:
Rooi gholfhempie met skoolwapen.
Blou Laerskool Kathu-sportbroek (nie rugbybroekies nie).
Wit kouse (nie “secret socks” nie).
Drafskoene (sporttekkies – geensins modetekkies nie.)
Kaalvoet of skoolplakkies is ook toelaatbaar vir Gr. 1-4.
LET WEL:
Hemde moet te alle tye ingesteek wees. Indien leerders nie oor die regte sportdrag beskik nie, moet hulle in skooldrag kom en by die skool vir sport verklee.
Sportdrag: Skipants en “second skins” moet die kleur van die soom van die bodrag wees. Dit kan slegs in die sportperiode gedra word en geensins gedurende die akademiese tyd in klasse nie.
MAANDAE, WOENSDAE EN VRYDAE:
(Vanaf eerste Maandag in Mei.)
Dogters en Seuns
- Blou hemp.
- Blou skoollangbroek met navy kouse (dogters).
- Grys skoollangbroek met grys kouse (seuns).
- Skooltrui en/of skoolkleurbaadjie (blazer).
- Navy sokkies by navy langbroek (dogters)
- Swart skoolskoene.
- Wanneer ’n skoolkleurbaadjie (blazer) gedra word, moet ’n skooldas daarmee saam gedra word.
- Geen serpe/baadjies/truie/jasse/mussies/kepse wat nie deur die skool goedgekeur is nie, mag gedurende skoolure of pouses gedra word nie.
- Skoene word nie by langbroeke uitgetrek nie.
- Geen “skipant” of “second skin” wat uitsteek nie asook geen frokkies wat uitsteek nie.
OF
- Volledige skoolsweetpak.
- Blou skoolhemp.
- Wit kouse.
- Swart skoolskoene (toeryg of gespe met plat sole en hakke).
- Slegs skoolmusse, handskoene en serpe word toegelaat.
VRYDAE:
Volledige provinsiale sweetpakke mag gedra word.
Leerders mag nie gedurende die dag verklee of van die drag uittrek nie.
Voortrekkers: Lede mag hul aktiewe drag dra. Voortrekkerhemp met denimkortbroek (tot net bo knieë) of denimlangbroek, blou Voortrekker “sweater.” Geen “skinny”, “stretch” of geskeurde broeke nie.
In die winter moet Voortrekker-“sweater” gedra word.
WINTERSPORTDRAG – DINSDAE EN DONDERDAE:
Volledige skoolsweetpak.
Rooi gholfhemp met skoolwapen (kortmou of langmou).
Wit sokkies (nie “secret socks” nie).
Drafskoene (sporttekkies – nie modetekkies of veters nie).
Blou rugbybroeke word vir rugbyspelers tydens rugbyseisoen toegelaat.
Blou rugbybroeke word egter nie vir dogters toegelaat nie. (Nie vleiend nie.)
Geen “skipant” of “second skin” wat uitsteek nie asook geen frokkies nie.
LET WEL:
Hemde moet te alle tye ingesteek wees. Indien leerders nie oor die regte sportdrag beskik nie, moet hulle in skooldrag kom en by die skool vir sport verklee.
Sportdrag: Skipants en “second skins” moet die kleur van die soom van die bodrag wees. Dit kan slegs in die sportperiode gedra word en geensins gedurende die akademiese tyd in klasse nie.