LS Kathu skop verjaardag af met Ruan Josh en Leah
Laerskool Kathu vier hierdie jaar amptelik sy 50ste verjaardag. Wat is dan lekkerder as om so ’n mylpaalverjaardag te begin met ’n musiekkonsert deur twee van Suid-Afrika se gewildste popkunstenaars. Die opwinding het al Donderdagoggend begin toe Ruan Josh en Leah tydens pouse die leerders ’n voorsmakie kom gee het van dit wat hulle die aand kon verwag. Die aand was ’n lekker jolige musiekkonsert tydens die twee sangers se Noord-Kaaptoer. Oud en jonk het dit geniet om te dans en saam te sing op bekende treffers. Vir dié wat hierdie lekker kuiergeleentheid misgeloop het, is daar nog verskeie opwindende



